Ellen is gebore in Graaff-Reinet en het matrikuleer aan Hoër Volkskool. Sy verwerf haar B.Sc Honneurs graad aan die US en daarna werk sy vir 5 jaar by Deloitte&Touche Management Consultants as 'n rekenaarprogrammeerder. Sy tree in die huwelik met Johan Louw, 'n predikant, en na die geboorte van haar tweede seun besluit sy om haar voltyds toe te spits op die belangrikste taak wat God haar gegee het - kinders grootmaak! Hulle verhuis na Gochas in Namibië en dit is hier waar sy die eerste keer kreatief begin raak en begin verf op lap. Tharina Odendaal se boek "Skilder op Lap" is haar eerste onderwyser in die kuns van skaduwees, lig, donker, kleur en vorm.
Vandaar verhuis die gesin na George en Ellen word aangestel as Wiskunde onderwyseres by Hoërskool Outeniqua.
Na 'n paar jaar bevind die gesin (nou 3 seuns) hulle in Hanover, 'n klein plekkie wat wemel van die talentvolle kunstenaars soos Febe Harold en Marietjie Stander. Die groot pastoriemure en 'n klein begroting word die inspirasie vir die eerste "ordentlike" skildery. 'n Vriendin, Mariaan Weideman ('n argitek van Phillippolis), beveel die prent en die grootte vir die skildery in die sitkamer aan, met die opdrag: doen dit self! Daarna verkoop sy talle skildery in die kunswinkel Agora. Die res is geskiedenis en vandag het die tafeldoeke van Gochas verander in groot, helder skilderye in die Weskus waar haar man die predikant is van Weskus Gemeente (www.weskusgemeente.co.za)
Ellen skilder met olieverf op geblokte canvas (streched canvas), want in haar eie woorde: "mens kan dit ophang sonder om dit eers te raam"
Sy is lief vir warm, aardse kleure, veral rooi en oranje. Haar temas wissel en sy verf "enige iets wat vir my mooi is"