Kuns is my passie en liefde. Baie van ons soek skilderye wat ons huise opvrolik, maar wat uniek is. Oorspronklike skilderye het egter so duur geword, dat dit slegs die super rykes is wat dit kan bekostig. Die res van ons moet tevrede wees met posters en afdrukke waarvan daar honderde op die mark is. Voordat jy moed opgee om iets oorspronkliks te bekom, kyk eers na die volgende skilderye. Dalk is daar iets wat jou oog vang en jy mag dalk net verbaas wees oor die prys.